dcsimg
Image of Trichoplax adhaerens Schulze 1883
» Animals

Placozoans

Placozoa

Brief Summary

provided by EOL staff

Although recent work (Eitel and Schierwater 2010 and references therein) suggests that there may be many unrecognized placozoan species, as of 2010 there was still just a single described species in the phylum Placozoa, Trichoplax adhaerens (see this species page for additional information).

license
cc-by-nc-sa-3.0
copyright
Shapiro, Leo
author
Shapiro, Leo
original
visit source
partner site
EOL staff

Placozoa ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Placozoa is ’n basale vorm van ongewerweldes. Hulle het die eenvoudigste struktuur van alle nieparasitiese veelsellige diere. Gewoonlik word net een spesie, Trichoplax adhaerens, erken, hoewel daar genoeg genetiese diversiteit is dat daar moontlik verskeie morfologies eenderse spesies kan wees.[1][2] Placozoa is in 1883 die eerste keer ontdek deur die Duitse dierkundige Franz Eilhard Schulze (1840-1921)[3][4] en sedert die 1970's meer stelselmatig ontleed deur die Duitse protodierkundige, Karl Gottlieb Grell,[5] maar ’n algemene naam bestaan nog nie vir die takson nie; die wetenskaplike naam beteken letterlik "plat diere".[6]

Beskrywing

Trichoplax is ’n klein, plat organisme van sowat 1 mm breed. Nes ’n Amoeba het dit geen reëlmatige buitelyn nie, hoewel die onderste oppervlak min of meer gewelf is en die boonste oppervlak altyd plat. Die liggaam bestaan uit ’n laag eenvoudige epiteel (dekweefsel) wat ’n los plaat selle omring. Die epiteelselle het flagella (sweephaartjies), wat die dier gebruik om oor die seebodem te kruip.[4]

Die onderste oppervlak neem klein stukkies organiese materiaal op wat die diertjie eet. Dit plant aseksueel voort deur kleiner individue deur knopvorming te skep, en die onderste oppervlak kan ook eiers deur knopvorming in die mesenchiem (ongedifferensieerde embrioniese weefsel ) afskei.[4]

Verwysings

  1. Voigt, O (23 November 2004). “Placozoa — no longer a phylum of one”. Current Biology 14 (22): R944–5. doi:10.1016/j.cub.2004.10.036.
  2. (2 April 2013) “Global Diversity of the Placozoa”. PLoS ONE 8 (4): e57131. doi:10.1371/journal.pone.0057131.
  3. F. E. Schulze "Trichoplax adhaerens n. g., n. s.", Zoologischer Anzeiger (Elsevier, Amsterdam en Jena) 6 (1883), p. 92.
  4. 4,0 4,1 4,2 Barnes, Robert D. (1982). Invertebrate Zoology. Philadelphia, PA: Holt-Saunders International. pp. 84–85. ISBN 0-03-056747-5.
  5. (1971) “Trichoplax adhaerens, F. E. Schulze und die Entstehung der Metazoen”. Naturwissenschaftliche Rundschau 24.
  6. Rüdiger Wehner & Walter Gehring (June 2007). Zoologie (in German) (24th uitg.). Stuttgart: Thieme. p. 696.AS1-onderhoud: Onbekende taal (link)

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Placozoa: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Placozoa is ’n basale vorm van ongewerweldes. Hulle het die eenvoudigste struktuur van alle nieparasitiese veelsellige diere. Gewoonlik word net een spesie, Trichoplax adhaerens, erken, hoewel daar genoeg genetiese diversiteit is dat daar moontlik verskeie morfologies eenderse spesies kan wees. Placozoa is in 1883 die eerste keer ontdek deur die Duitse dierkundige Franz Eilhard Schulze (1840-1921) en sedert die 1970's meer stelselmatig ontleed deur die Duitse protodierkundige, Karl Gottlieb Grell, maar ’n algemene naam bestaan nog nie vir die takson nie; die wetenskaplike naam beteken letterlik "plat diere".

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF