dcsimg

Riddervlinder ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Riddervlinders is groot, kleurryke skoenlappers van die familie Papilionidae. Daar is meer as 550 spesies,[1] en alhoewel die meerderheid tropiese soorte is, word 'n aantal soorte op al die kontinente behalwe Antarktika aangetref. Die familie bevat die grootste van alle skoenlappers, naamlik die Australasiese Voëlvlerke (genus Ornithoptera).[2]

Riddervlinders word van alle ander skoenlappers onderskei deur 'n aantal anatomiese kenmerke. Mees opmerklik beskik hul ruspes oor 'n unieke orgaan agter die kop, die sogenaamde osmaterium. Hierdie gewoonlik verskuilde orgaan, kan uitgestulp word om 'n gevurkte struktuur te vorm wanneer die ruspe bedreig word, of uitgedwing word deur sagte druk op die ruspe uit te oefen. Dit skei 'n onwelriekende terpeenstof af. Die volwassene se vlerke is dikwels met sterte toegerus, soos die gevurkte stert van sekere swaels, wat bv. aan die Swaelsterte hul naam gee.

Verspreiding

In 2005 is reeds 552 ekstante spesies aangedui[1] wat oor die hele wêreld, behalwe Antarktika, versprei is en voorkom van seevlak tot hoë gebergtes, soos in die geval van meeste Apollovlinders. Die meerderheid riddervlinders en grootste diversiteit wat vorm en lewensstyl betref, is tuis in die trope tussen 20°N en 20°S,[3] veral Suidoos-Asië, en tussen 20°N en 40°N in Oos-Asië. Slegs 12 soorte word in Europa aangetref[4] en slegs een soort, die Ouwêreldse swaelstert, is in die Britse eilande teenwoordig.[5] Noord Amerika beskik oor 40 soorte wat tropiese soorte en Apollovlinders insluit.[6]

Die mees noordelikverspreide riddervlinder is die Arktiese apollo, Parnassius arcticus, wat binne die Arktiese sirkel in noordoostelike Jakoetia aangetref word, op 'n hoogte van 1 500 m bo seevlak.[7] In die Himalajas, word verskillende Apollo-soorte, waaronder die Gewone rooiapollo (en ander riddervlinders) gevind, wat al so hoog as 6 000 m bo seevlak aangeteken is.[8]

Filogenie

'n Filogenie van die Papilionidae, geskoei op dié van Nazari (2007) word gegee:[2][9]

Parnassiini
Zerynthiini
Luehdorfiini
Leptocircini
Teinopalpini
Papilionini
Troidinini

Dit word tans aanvaar dat die subfamilie Papilioninae monofileties is.[2] Die Riddervlinders in die nominale stam Papilionini is sowat 225 spesies sterk en studies is gedoen omtrent hul voedselplant ko-ewolusie en filogenie. Ou morfologiese klassifikasies is ook as juis bevestig deurdat hulle gebondeld is. Spesies behorende aan die groepe met die Rutaceae as voedselplante vorm twee groepe ooreenkomstig met die Ou Wêreldse en Amerikaanse taksa. Dié wat op die Lauraceae en Magnoliaceae voed, is in 'n ander gebondelde groep gevind wat beide Amerikaanse en Asiatiese taksa insluit.[10]

Die Parnassinae, soos die Papilioninae, was weens morfologiese kennis vermoedelik ook monofileties, maar studies gebaseer op morfologiese en molekulêre kenmerke suggereer dat dit nie die geval is nie.[2] In die Parnassiinae, is bevind dat die genera Parnassius en Hypermnestra besonder naverwant is, gebaseer op molekulêre kennis[11] en word nou beskou as behorende aan die stam Parnassiini.[9] Daar is bevind dat die twee taksa, Archon en Luehdorfia naverwant is danksy analise van selkern- en mitochondriese DNA, en is nou verenig in die stam Luehdorfiini, ten spyte van hul gebrek aan morfologiese ooreenkomste.[9]

Die subfamilie Baroniinae word verteenwoordig deur slegs die spesie Baronia brevicornis. Die spesie is uniek in die familie deurdat dit die Fabaceae (Leguminosae) as larwevoedingsplant benut. Die Baronninae en die uitgestorwe familie Praepapilioninae deel vele uitwendige ooreenkomste en word tradisioneel beskou as die mees primitiewe families, en as sustergroep van die Riddervlinders. Onlangse navorsing suggereer dat dit moontlik nié die geval is nie, aangesien die Baroniinae slegs naverwant aan die Parnassiinae sou wees, en Praepapilio slegs aan die Papilionini, terwyl geen van die twee taksa 'n sustergroep van die orige Riddervlinders sou wees nie.[2]

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Häuser, Christoph L. (28 Julie 2005). "Papilionidae – revised GloBIS/GART species checklist (2nd draft)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 8 November 2010. Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Reed, Robert D. (2006). "Papilionidae – The Swallowtail Butterflies" (in Engels). Tree of Life Web Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2020. Besoek op 7 November 2010. Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help); External link in |publisher= (help)
  3. Collins, N. Mark; Collins, Michael G. (1985). Threatened Swallowtails of the World: die IUCN se rooidataaboek. IUCN Protected Area Programme Series. Gland, Switzerland en Cambridge, V.K.: IUCN. pp. 401 bladsye & 8 plate. ISBN 9782880326036. Besoek op 22 Oktober 2010.
  4. Coombs, Simon (30 September 2010). "European Butterfly checklist". http://www.butterfly-guide.co.uk/. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2017. Besoek op 11 November 2010. External link in |publisher= (help)
  5. Coombs, Simon (30 September 2010). "UK Butterfly checklist". http://www.butterfly-guide.co.uk/. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2018. Besoek op 11 November 2010. External link in |publisher= (help)
  6. Brock, Jim P.; Kaufman, Kenn (2003). Butterflies of North America. Boston: Houghton Mifflin. ISBN 0-618-15312-8.
  7. Stumpe, Felix. "Parnassius arctica Eisner, 1968". Russian-Insects.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Maart 2020. Besoek op 9 November 2010.
  8. Mani, M. S. (1968). Ecology and Biogeography of High Altitude Insects. Band 4 van reeks Entomologica. Springer. p. 530. ISBN 9789061931140. Besoek op 9 November 2010.
  9. 9,0 9,1 9,2 Nazari, Vazrick (2006). "Parnassiinae Duponchel, [1835]". Tree of Life (in Engels). Tree of Life Web Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op 7 November 2010. Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help); External link in |publisher= (help)
  10. Aubert, J.; Legal, L; Descimon, H.; Michel, F. (1999), "Molecular phylogeny of swallowtail butterflies of the tribe Papilionini (Papilionidae, Lepidoptera)", Mol Phylogenet Evol. 12 (2): 156–167, doi:10.1006/mpev.1998.0605 .
  11. Katoh, T.; Chichvarkhin, A.; Yagi, T.; Omoto, K. (2005), "Phylogeny and evolution of butterflies of the genus Parnassius: inferences from mitochondrial 16S and ND1 sequences", Zoolog Sci. 22 (3): 343–351, doi:10.2108/zsj.22.343 .
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Riddervlinder: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Riddervlinders is groot, kleurryke skoenlappers van die familie Papilionidae. Daar is meer as 550 spesies, en alhoewel die meerderheid tropiese soorte is, word 'n aantal soorte op al die kontinente behalwe Antarktika aangetref. Die familie bevat die grootste van alle skoenlappers, naamlik die Australasiese Voëlvlerke (genus Ornithoptera).

Riddervlinders word van alle ander skoenlappers onderskei deur 'n aantal anatomiese kenmerke. Mees opmerklik beskik hul ruspes oor 'n unieke orgaan agter die kop, die sogenaamde osmaterium. Hierdie gewoonlik verskuilde orgaan, kan uitgestulp word om 'n gevurkte struktuur te vorm wanneer die ruspe bedreig word, of uitgedwing word deur sagte druk op die ruspe uit te oefen. Dit skei 'n onwelriekende terpeenstof af. Die volwassene se vlerke is dikwels met sterte toegerus, soos die gevurkte stert van sekere swaels, wat bv. aan die Swaelsterte hul naam gee.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Papilionidae ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los papiliónidos (Papilionidae) son una familia de lepidópteros glosaos del clado Ditrysia, dacuando llamaes papilios o pepenes. Son grandes y de vistosos colores. Hai unes 600 especies, la mayoría tropicales, pero habiten en tolos continentes sacante l'Antártida. Inclúi les caparines diurnes más grandes, les del xéneru Ornithoptera d'Australia.[1]

La familia difier de toles otres caparines por delles carauterístiques; la más notable ye que los sos guxanos tienen un órganu únicu detrás de la cabeza, el osmeterium. De normal ocultu, esta estructura en forqueta puede ser evertida cuando'l guxanu vese amenaciada, y emite secreciones golioses que contién terpenos. Les nales de los adultos tienen unes coles» o allongamientos que posiblemente sirven pa engañar al predador faciéndo-y creer que son les antenes.

Descripción

Los imagos o adultos son grandes, cola cabeza gruesa y los güeyos prominentes, palpos curtios y antenes terminaes en grandes maces. Con trés pares de pates funcionales, d'igual llargor, fuertes y afeches a la marcha y a garrase a les plantes que visiten, y terminaes en dos uñes. Les anches nales tienen la venación bien marcada y l'alviola discal zarrada, con una sola vena añal nes nales posteriores que'l so cantu internu ye daqué cóncavu. Delles especies tienen apéndices a manera de coles nes nales posteriores.[2][3]

Nun suel esistir dimorfismu sexual acusáu, anque les femes, más escases que los machos, suelen ser daqué mayores y con un abdome más avolumáu y arrondáu.[2]

Los güevos suelen ser de color blancu o mariellu y esféricos. Los bárabos tienen osmeterium, son cilíndriques y grandes, y realicen la crisalida afitándola pol cremáster a la planta hospedadora y suxetandose con una faxa de seda; sacante les del xéneru Parnassius que formen un burdo brotu llibre nel suelu.[2]

Clasificación

Esta familia subdividise en tres subfamilies: Baroniinae, Parnassiinae y Papilioninae, los dos últimes estrémense de la mesma en diverses tribus. Éstes son Baroniini, Parnassiini, Zerynthiini, Luehdorfiini, Leptocircinini, Teinopalpini, Troidiini y Papilioniini. Una subfamilia adicional, Praepapilioninae, tien un solu miembru estinguíu conocíu a partir d'un fósil.[4]

La filoxenia propuesta por Reed y Sperling en 2006 ye la siguiente:[1]

Diversidá

"
Apollo chicu Parnassius phoebus

Les tribu Papilionini inclúi cerca de 225 especies y estudióse la so filoxenia al respective de la coevolución coles sos plantes güéspedes. L'estudiu topó que son un grupu monofiléticu y demostró que les vieyes clasificaciones morfolóxiques son válides. Les especies que s'alimenten de plantes de la familia Rutaceae formen dos grupos correspondiendo a taxones del Viejo y del Nuevu Mundu. Les que s'alimenten de lauráceas y magnoliáceas constitúin otru clado qu'inclúi dos taxones, d'Asia y d'América.[5]

Les tribus Zerynthiini y Luehdorfiini (Parnassiinae), y Troidini (Papilioninae), aliméntense puramente d'aristoloquiáceas. Munches especies d'esta familia de plantes producen acedos aristolóquicos que les faen non apetecedores a los predadores, tantu nos estadios llarvales como adultos.[6]

La subfamilia Baroniinae tien un solu representante, Baronia brevicornis, únicu una y bones los bárabos aliméntense de lleguminoses.

Los apolos, Parnassiinae, son un grupu carauterísticu y toles sos especies son alpines y capaces de vivir a gran altitú. Munches especies tienen dos pequeñes llurdios acolorataos nes sos nales posteriores. Dempués del apareamiento, el machu d'estes caparines produz una sustanza gomoso qu'usa pa sellar el poru xenital femenín, previniendo que s'aparie nuevamente. Suelen pupar de manera llibre nel suelu, formando un rudimentariu brotu. En rexones templaes, pasen los iviernos nun estadiu pupal de diapausa. Los xéneros Parnassius y Hypermnestra tán desaxeradamente rellacionaos según estudios moleculares.[7]

"
Papilio homerus, la más grande nel Hemisferiu Occidental.

Les papiliónidos y los humanos

Siendo tan grandes y vistoses son bien apreciaes polos coleccionistes polo que lleguen a criase pa esti fin, como'l casu de la gran caparina Papilio homerus.[cita [ensin referencies]

N'estáu larvariu, munchos miembros de la familia aliméntense de plantes de les families Rutaceae, ente les que s'atopen los cítricos, y Annonaceae, chirimoyes y otros frutales, polo que pueden ser consideraes plaga.[8]

Especies notables

"
Segundu o tercer estadiu de la canesba de Papilio glaucus amosando'l so osmeterium.
  • Papilio zelicaon
  • Papilio polyxenes
  • Parnassius apollo
  • Parnassius mnemosyne
  • Papilio glaucus
  • Battus philenor
  • Iphiclides podalirius
  • Papilio troilus
  • Papilio rutulus
  • Papilio machaon
  • Papilio demodocus (papilio de los cítricos)
  • Zerynthia rumina

Referencies

  1. 1,0 1,1 Reed, Robert D. and Sperling, Felix A. H. 2006.
  2. 2,0 2,1 2,2 Aguado Martín, O. L. (2007), pp. 131, 132
  3. Higgins, L. G y N. D. Riley (1980), p. 19
  4. Durden, C.J., and H. Rose. 1978.
  5. Aubert J, Legal L,Descimon H,Michel F. 1999 Molecular phylogeny of swallowtail butterflies of the tribe Papilionini (Papilionidae, Lepidoptera).
  6. von Euw, J., T. Reichstein, and M. Rothschild. 1968.
  7. Katoh T, Chichvarkhin A, Yagi T,Omoto K. 2005.
  8. Bastidas, Rodolfo y Zavala, Yanet. 1995.

Bibliografía

  • Korolev V.A., 2014. Catalogus on the collection of Lepidoptera. Part II. Papilionidae. - Moscow, 387 p., 20 color tabs, ISBN 978-5-00077-163-1[1]
  • Aguáu Martín, O. L. (2007). Aguado Martín, O. L. (2007). Las mariposas diurnas de Castilla y León (Lepidópteros ropalóceros) Especies, biología, distribución y conservación. Junta de Castilla y León.
  • Higgins, L. G. y N. D. Riley (1980). Higgins, L. G. y N. D. Riley (1980). Guía de campu de las mariposas de España y Europa. Omega.
  • Leraut, Patrice (2007). Leraut, Patrice (2007). Inseutos de España y Europa. Lynx Edicions.
  • Savela, Markku (2011). Savela, Markku (2011). «Lepidoptera and some other life forms» (inglés). Consultáu'l 1 de payares de 2011.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Papilionidae: Brief Summary ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los papiliónidos (Papilionidae) son una familia de lepidópteros glosaos del clado Ditrysia, dacuando llamaes papilios o pepenes. Son grandes y de vistosos colores. Hai unes 600 especies, la mayoría tropicales, pero habiten en tolos continentes sacante l'Antártida. Inclúi les caparines diurnes más grandes, les del xéneru Ornithoptera d'Australia.

La familia difier de toles otres caparines por delles carauterístiques; la más notable ye que los sos guxanos tienen un órganu únicu detrás de la cabeza, el osmeterium. De normal ocultu, esta estructura en forqueta puede ser evertida cuando'l guxanu vese amenaciada, y emite secreciones golioses que contién terpenos. Les nales de los adultos tienen unes coles» o allongamientos que posiblemente sirven pa engañar al predador faciéndo-y creer que son les antenes.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST