dcsimg
Image of Hippopotamus lemerlei Grandidier 1868
» Animals » » Vertebrates »

Lobe Finned Fishes

Sarcopterygii

Sarcopterygii ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Sarcopterygii is 'n klas gewerwelde beenvisse van die superklas Osteichthyes. Die gemeenskaplike faktor van die klas is dat al die visse vleisvinvisse is - voorheen bekend as lobvinvisse. Sarcopterygii was ook voorheen bekend as Choanichthyes. Sarcopterygii word in twee ordes ingedeel: Coelacanthiformes en Lepidosireniformes. Die Australiese longvis is die primitiefste longvis wat nog lewe.

Die vis herinner baie aan die long visfossiele van 400 miljoen jaar gelede. Die Australiese longvis se wetenskaplike naam is Neoceratodus forsteri, wat afkomstig is van ʼn gefossiliseerde vis, Ceratodus, wat 200 miljoen jaar gelede gelewe het en baie soos Neoceratodus lyk. Omdat die Australiese longvis se skelet so 'n groot ooreenkoms met die van Ceratodus toon, is dit waarskynlik dat Ceratodus se interne anatomie en sy gewoontes ʼn ooreenkoms toon met die van die hedendaagse Australiese longvis.

ʼn Mens kan dus afleidings maak oor die leefwyse van Ceratodus van 200 miljoen jaar gelede deur die van Neoceratodus te bestudeer. Die Australiese spesie se liggaamsvorm is soos die van ʼn tipiese vis. Die liggaam is bedek met groot, ronde skubbe wat dakpansgewys gerangskik is. Die breë pektorale en bekkenvinne is ook met skubbe bedek.

Anders as in die geval van die oorblywende 5 spesies, het die Australiese longvis net een long, wat dorsaal ten opsigte van die spysverteringskanaal geleë is. Gewoonlik gebruik die Australiese longvis sy kieue vir gaswisseling in water.

Sy long (eintlik ʼn gewysigde en gespesialiseerde lugsak, met 'n spesiale bloedvoorsiening) word net in droogtetye gebruik wanneer kieu-asemhaling nie meer moontlik is omdat die konsentrasie suurstof in die verkleinde poele nie meer genoegsaam vir kieu-asemhaling is nie. Hierdie visse kan die uitdroging van hulle habitat nie oorleef nie aangesien hulle nie hul inwendige organe op land vogtig kan hou nie.

Anders as die ander familie longvisse maak die visse nie 'n winterslaap deur nie. Longvisse se voortplanting geskied baie eenvoudig. Die wyfie lê haar eiers tussen waterplante en keer nie daarheen terug nie. Geen aanduiding van ouersorg is tot dusver waargeneem nie. Omdat die Australiese longvis se bou en gedrag so primitief is, word hulle beskou as lede van die familie Ceratodidae, terwyl die oorblywende 5 spesies tot die familie Lepidosirenidae behoort.

Toe die Australiese longvis in 1870 ontdek is, het hulle, uitsluitend in die Burnett- en St. Maryrivier voorgekom. Met verloop van tyd het die mens die vis na die ander riviere van Queensland versprei, waardeur die vis se kanse op oorlewing verbeter is. Die Australiese longvis kan tot 1,5 m lank word.

Sien ook

Bron

  • Dierkunde: 'n Funksionele Benardering. PAJ Ryke. Tweede Uitgawe. 1982. ISBN 0-409-09201-0
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sarcopterygii: Brief Summary ( Afrikaans )

Sarcopterygii ( Asturian )

provided by wikipedia AST

Los sarcopterigios (Sarcopterygii, del griegu σαρξ sarx, "carne", y πτερυξ pteryx, "aleta") son una clase de vertebraos gnatóstomos conocíos como peces d'aletes carnoses o d'aletes lobulaes.

Na clasificación clásica, la clase Sarcopterygii componer de los pexes pulmonados (dipnoos) y los celacantos, dambes subclases compuestes por pexes óseos con aletes pares lobulaes. La semeyanza d'estes aletes coles estremidaes de tipu quiridiu de los primeres anfibios, ente otros munchos calteres, prueba que los vertebraos terrestres baxamos d'antiguos pexes sarcopterigios. Esta rellación de descendencia obliga, na sistemática cladística, a incluyir a los tetrápodos como miembros de Sarcopterygii, formando con ellos un taxón monofilético.

Carauterístiques

Los pexes sarcopterigios tienen cadarma óseu, d'orixe endocondral. Tienen quexals y dientes con esmalte. La piel ta recubierta por escames; n'especies estinguíes, éstes tienen una capa de cosmina na so superficie. Nes especies actuales la aleta caudal ye dificerca, esto ye, la columna vertebral llega hasta l'estremu d'ésta y la membrana desenvuélvese simétricamente escontra riba y embaxo de la mesma.

Les aletes son pareadas; tienen un namái elementu esqueléticu basal. Los radios dermales son curtios. Arcos óseos vos sostienen les branquies. El corazón tien un senu venosu, conu arteriosu, dos atrios y presenta división parcial del ventrículu; la circulación tien dos circuitos, pulmonar y sistémico estremaos. Los pulmones utilizar p'alendar nos dipnoos pero non nel celacanto, nel que se convirtió nun órganu de flotación. El sistema nerviosu ten celebru, cerebelu y lóbulos ópticos estremaos.

Clasificación

"
Nel Devónicu cimeru la especiación de los vertebraos descendientes de pexes d'aletes lobulaes peláxicos (como Eusthenopteron) amuesa la siguiente secuencia d'adaptaciones: Panderichthys, coloniza bajíos enfollagaos. Tiktaalik, con aletes asemeyaes a pates que podíen abasnar hasta tierra. Primeros tetrápodos, en barraqueres colmatadas por vexetación: Acanthostega, con pates d'ocho dedos. Ichthyostega con pates. Ente los descencientes cúntense tamién formes peláxiques como los celacantos.

Los sarcopterigios subdividir en trés subclases:

Filoxenia

Les rellaciones filoxenétiques de los sarcopterigios son les siguientes:[1][2]

Sarcopterygii

Onychodontiformes

Coelacanthimorpha

Choanata

Dipnomorpha

Porolepiformes

Dipnoi

Tetrapodomorpha

Rhizodontida

Osteolepiformes

Tetrapoda (vertebraos terrestres)

Ver tamién

Referencies

Enllaces esternos

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia authors and editors
original
visit source
partner site
wikipedia AST

Sarcopterygii: Brief Summary ( Asturian )