dcsimg

Kalkoen ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Meleagris gallopavo

’n Kalkoen is ’n groot voël in die genus Meleagris wat inheems aan die Amerikas is. Die mannetjies van albei spesies het ’n kenmerkende vlesige uitgroeisel of lel wat van die bokant van die snawel hang. Hulle is van die grootste voëls in hul soort. Soos die geval is met baie lede van die orde Galliformes, of Hoendervoëls, is die mannetjies groter en baie kleurryker as die wyfies.

Taksonomie

Kalkoene val in die familie Phasianidae (fisante, patryse, korhoenders en hul verwante) in die orde Galliformes.[1] Die genus Meleagris is die enigste oorlewende genus in die subfamilie Meleagridinae.

Oorlewende spesies

Fossielrekord

’n Paar kalkoene is van fossiele af beskryf. Die Meleagridinae is van die vroeë Mioseen (sowat 23 miljoen jaar gelede) af bekend, met die uitgestorwe genera Rhegminornis (vroeë Mioseen) en Proagriocharis (laat Mioseen / vroeë Plioseen). Eersgenoemde was waarskynlik ’n basale kalkoen en die ander een ’n meer kontemporêre voël wat nie baie soos bekende kalkoene was nie; albei was baie kleiner. ’n Kalkoenfossiel wat nie tot Meleagris behoort nie, maar ’n soortgelyke voël was, is van die laat Mioseen af bekend.[3] In die moderne genus Meleagris is ’n hele aantal spesies al beskryf, want kalkoenfossiele is taamlik sterk en volop, en daar is groot verskille tussen individue. Baie van hierdie veronderstelde fossiele spesies word nou beskou as junior sinonieme. Een van hulle, die Kaliforniese kalkoen, Meleagris californica, het onlangs genoeg uitgesterf dat hulle nog deur vroeë menslike setlaars gejag is.[4] Daar word geglo hulle het uitgesterf weens die gesamentlike druk wat veroorsaak is deur menslike jagters en die klimaatsverandering aan die einde van die laaste ystyd.[5]

Gebruik deur mense

 src=
’n Geroosterde kalkoen op die Kerstafel.

Die mens gebruik die spesie Meleagris gallopavo vir hul vleis. Hulle is van minstens 800 v.C. deur die inheemse volke van Meksiko mak gemaak. Hulle is teen 200 v.C. óf na die Suidwes-VSA uitgevoer óf ’n tweede keer mak gemaak deur die plaaslike inheemse volke. Die kalkoene is aanvanklik aangehou vir hul vere, wat in seremonies gebruik is en om klere en komberse te maak.[6] Hulle is teen omstreeks 1100 n.C. die eerste keer deur Noord-Amerikaners vir hul vleis gebruik.[6] In vergelyking met wilde kalkoene word mak kalkoene selektief geteel om groter te wees vir hul vleis.[7][8] Kalkoene word dikwels op fees- en spesiale dae soos Kersfees en Danksegging geëet.[9][10]

Galery

Verwysings

  1. Crowe, Timothy M.; Bloomer, Paulette; Randi, Ettore; Lucchini, Vittorio; Kimball, Rebecca T.; Braun, Edward L. & Groth, Jeffrey G. (2006a): Supra-generic cladistics of landfowl (Order Galliformes). Acta Zoologica Sinica 52(Supplement): 358–361. PDF fulltext
  2. "Earliest use of Mexican turkeys by ancient Maya". ScienceDaily (in Engels). Besoek op 2017-09-23.
  3. 3,0 3,1 Farner, Donald Stanley & King, James R. (1971). Avian biology. Boston: Academic Press. ISBN 0-12-249408-3.
  4. Broughton, Jack (1999). Resource depression and intensification during the late Holocene, San Francisco Bay: evidence from the Emeryville Shellmound vertebrate fauna. Berkeley: University of California Press. ISBN 0-520-09828-5.; lay summary
  5. Bochenski, Z. M., and K. E. Campbell, Jr. (2006). The extinct California Turkey, Meleagris californica, van Rancho La Brea: Comparative osteology and systematics. Contributions in Science, Natural History Museum of Los Angeles County, nommer 509.
  6. 6,0 6,1 "Native Americans First Tamed Turkeys 2,000 Years Ago" (in Engels). Seeker (Discovery News). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 23 November 2017.
  7. "Amazing Facts About Turkey" (in Engels). OneKind. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2016. Besoek op 24 Desember 2015.
  8. "My Life as a Turkey – Domesticated versus Wild Graphic" (in Engels). PBS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 27 Desember 2015.
  9. "Why do we eat turkey for Thanksgiving and Christmas?" (in Engels). Slate. 25 November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2018. Besoek op 24 Desember 2015.
  10. "Why Do We Eat Turkey on Thanksgiving?" (in Engels). Wonderopolis. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 24 Desember 2015.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Kalkoen: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF
 src= Meleagris gallopavo

’n Kalkoen is ’n groot voël in die genus Meleagris wat inheems aan die Amerikas is. Die mannetjies van albei spesies het ’n kenmerkende vlesige uitgroeisel of lel wat van die bokant van die snawel hang. Hulle is van die grootste voëls in hul soort. Soos die geval is met baie lede van die orde Galliformes, of Hoendervoëls, is die mannetjies groter en baie kleurryker as die wyfies.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF