dcsimg

Albakoor ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die albakoor (Thunnus alalunga) is 'n roofvis wat deel van die Tunafamilie is en kom aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voor en wêreldwyd in koeler, dieper water. In Engels staan die vis bekend as die Longfinfin Tuna of Albacore. Die vis is 'n gewilde sportvis.

Vorm

Die vis is torpedovormig, donkerblou aan die bokant en terwyl die sye en pens silwergrys is. Die vinne is geel en die anale vinne is grys. Die pektorale vinne is lank. Die gemiddelde massa van die vis wissel van 10 tot 15 kg terwyl die Suid-Afrikaanse rekord 40 kg en die lengte van dié vis 140 cm is.

Gewoontes

Hulle verkies koeler water, soos die Benguela-stroom aan die Weskus in die wintermaande wanneer die water van 16 tot 19 °C warm is, en kom voor tot op dieptes van 600 m. Hulle vreet veral pelagiese vis en pylinkvis.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Albakoor: Brief Summary ( Afrikaans )